Ena Murray Omnibus 27

Skrywer: Ena Murray

Formaat: Groot Sagteband

Toestand: Baie Goed

R50.00

Out of stock

Out of stock

Ena Murray Omnibus 27 bring ‘n heerlike verrassing vir die leser wat gewoond is aan die driestorie-omnibus, want hier word vier van Ena Murray se gewildste verhale saamgebundel: twee liefdesverhale en twee speurverhale!

So leeg die moederhart

So leeg die moederhart is die aangrypende verhaal van ‘n jong vrou se meedoënlose soektog na haar seun. Van die plaas waar sy sewe ongelukkige huweliksjare geslyt het met ‘n man wat geglo het dis sy huweliksreg om sy vrou met die vuiste te takel, tot in die stad waar sy haar as verpleegsuster bekwaam en spesialiseer in die versorging van fisiek gestremde kinders, soek sy voortdurend in elke kindergesig na iets bekends – iets wat ‘n aanduiding sal wees dat dit háár seun is.

Maar net toe Heila Serfontein meen sy het uiteindelik haar bloedkind gevind, gryp die noodlot in en word haar hart opnuut aan flarde geskeur. Hierdie keer ly sy nie net as moeder nie, maar ook as vrou wat vir die eerste keer waarlik leer liefkry het. ..

Op pad na Kanaän

Op pad na Kanaän is ‘n diep geestelike verhaal, op die waarheid gebaseer, van ‘n handjievol mense wie se lewens onherroeplik ineengestrengel raak op Môrestond, ‘n plek waarheen mense wat deur die lewe geknou is, kan gaan om weer sin in hul bestaan te vind.

Die pasiënte kom en gaan voortdurend, maar die vaste personeel leef dag-in en dag-uit met hul eie smart én dié van die ander saam. Daar is verpleegsuster Pauline Grobbelaar, vervreemde vrou van die ambisieuse jong regsman Jan van der Merwe wat op ‘n ander vrou verlief geraak het. Daar is tannie Mart, die matrone en biegmoeder vir almal, wie se enigste seun in dié tyd as moordenaar tereggestel word.

En daar is doktor Wilbur Vlok, ‘n man met grys aan sy slape en skaduwees in sy oë. Wat het in sy lewe gebeur dat hy Môrestond gevestig het en met soveel deernis na ander se leed kan omsien, maar self so heeltemal alleen deur die lewe gaan?

Bergwind oor Karma

Bergwind oor Karma is ‘n lekkerlees-speurverhaal propvol liefde, spanning en intrige. Toe die versengende bergwind met die aanbreek van die Kersseisoen deur Erna Paulsen se woonwapark begin waai en haar gemoedstoestand behoorlik omkrap, noem sy die wind by sy skeldnaam: moordwind! Nooit het sy egter kon droom dat daar in haar rustige Karma werklik moord gepleeg sou word nie. So iets gebeur tog eenvoudig nie in ‘n vakansieoord nie! Kort voor lank weet Erna nie meer wie sy kan vertrou nie, en begin sy selfs twyfel aan die man met die eienaardige naam wat haar wel dikwels omkrap maar tog ook soveel gesag inboesem en haar vreemd veilig laat voel. . .

Net ná middernag

Net ná middernag is ‘n speurverhaal uit die boonste rakke met ‘n waarlik verrassende einde. Toe die kerkhorlosie een Saterdagnag sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, word daar ‘n moord gepleeg op dié rustige plattelandse dorpie. Tot almal se skok en verbasing word die prokureur se lyk die Saterdagoggend in die pastorietuin gevind.

Kaptein Deon Roux word ontbied en saam met die speurder leer ons die mense van Driedoring ken – die gewilde dominee, die bekwame skoolhoof, die Badenhorsts met hul vinnige humeure, die mooi, senuweeagtige predikantsvrou, die nuuskierige dokter en sy goeie vrou, die orreliste met haar bewondering vir die dominee, en les bes: Marie Grebe, die jeugliefde van die prokureur wat nou met die skoolhoof getroud is en versot is op speurverhale…

Saam met kaptein Roux is die leser warm op van die moordenaar – of is dit ‘n dwaalspoor?

Delivery Options

Build a Bundle

To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.

Paxi (Pep to Pep)

Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.

Pudo (Locker to Locker)

We will send your package to the nearest locker of your choice.

Aramex (Store to Door Courier)

Convenient delivery to your door.

Collection

Collect your package from our address in Montana, Pretoria.

Description of book condition:

New – Brand new and unread book.

As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.

Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.

Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.

Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.

Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.

Beskrywing van boeke se toestand:

Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.

Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,

Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,

Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.

Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.

Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.

Book Formats

Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm

Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm

Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm

Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm

Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop