Ena Murray Omnibus 23
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
R50.00
Out of stock
Out of stock
Die ryper jare
Amanda Conradie, mannekyn by die bekende Günthermodehuis, kan nie verstaan waarom haar ma skielik so ánders is nie. Haar ietwat verwaarloosde maar immer blymoedige Mams het skielik ontluik in ‘n pragtige vrou met ‘n vonkel in die oog.
Nog minder verstaan sy waarom Raul Günther, haar baas en die man wat haar hart verower het, nou skielik so afsydig is. Wat is dit wat hom ure lank so ingedagte laat sit en broei? Die ouderdomsverskil tussen hulle is tog nie só groot nie.
Maar dan laat Drew, haar fotograaf-broer, iets glip . . . Is dit moontlik dat dit oor haar má is dat Raul so sit en tob? Maar Mams is dan al behoorlik middeljarig . . . en al word sy naam nooit in hul huis genoem nie, ís sy steeds getroud met hul tronkvoël van ‘n pa!
En die verlange bly
Op Nhlangani, ‘n wildplaas so mooi soos ‘n paradys, luister Wouda beangs na die naggeluide. Soos elke aand sedert sy as Nak se bruid hier aangekom het, is sy alleen in die rondawel. Hoe is dit moontlik dat Nak so verander het?
Dit was immers hy wat as kaalvoet seun reeds vir haar gesê het: “Ons twee gaan eendag trou.” En sy wat haar neus opgetrek het met: “Jy is seker besimpeld!”
En jare lank wás dit haar houding teenoor hom. Sy was Wouda Kellerman, gewoond aan weelde, die sosiale vlinder met meer as genoeg suksesvolle, ryk mans wat om haar draai. Maar toe die groot resessie feitlik oornag ook vir haar en haar ouers armoede bring, was Nak haar enigste toevlug. Hy kon haar geluk bied, selfs liefde. Tot daardie nag, hul huweliksnag…
Die man met die geel oë
Volgens die hoogs vertroulike inligting in majoor Brand Böhm se persoonlike lêer is hy uitstekend in alles wat hy doen: hoogs betroubaar; gedissiplineerd soos min ander; topfiks; vlug van denke, begrip en optrede. Hy is, word daar op ministersvlak besluit, ‘n man met daardie “iets” wat onontbeerlik is in ‘n geheime agent. Hy is die ideale man. Die een wat hulle moet hê.
“Jy gaan manalleen optree,” lig die groep van vyf hom in. En dan ontvang dié toekomstige Suid-Afrikaanse James Bond sy eerste opdrag: om dié nag saam met ‘n vrou van sy keuse die stad rooi te verf – op staatsonkoste – en om hom só swak te gedra, hom só te buite te gaan, dat hy summier die volgende dag sy oneervolle ontslag uit die Weermag sal ontvang.
As metgesel vir die laaste aand van sy lewe as Brand Böhm – voor hy die gesiglose El Nino word – kies hy Weza de Groote, die mooi regstudent wat na die nag vir ewig uit sy lewe moet verdwyn ..
Delivery Options
Build a Bundle
To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.
Paxi (Pep to Pep)
Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.
Pudo (Locker to Locker)
We will send your package to the nearest locker of your choice.
Aramex (Store to Door Courier)
Convenient delivery to your door.
Collection
Collect your package from our address in Potchefstroom.
Description of book condition:
New – Brand new and unread book.
As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.
Beskrywing van boeke se toestand:
Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.
Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,
Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,
Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.
Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.
Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.
Book Formats
Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm
Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm
Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm
Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm
Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm