Notice: Function _load_textdomain_just_in_time was called incorrectly. Translation loading for the viwec-email-template-customizer domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/lekkerle/domains/lekkerlees.co.za/public_html/wp-includes/functions.php on line 6121
Slagoffers deur Dine van Zyl - Lekker Lees

Slagoffers deur Dine van Zyl

by | Oct 7, 2024 | Book Reviews

“Dit sou my vyftien jaar kos om stelselmatig uit die dieptes van die traumaput na die oppervlak van ‘n normale lewe terug te keer. Ek sou my uit die openbare lewe ontrek. Ek sou my vriende vermy. Ek sou nooit weer uitsaai nie, nooit weer ‘n film maak nie en nooit weer skryf nie …”

Slagoffers is ‘n boeiende roman deur die talentvolle Dine van Zyl wat die leser dadelik in die wêreld van die karakters insleep.

 Die gruwel begin wanneer Nell, ‘n ervare TV-joernalis, genooi word om ‘n dokumentêre film oor Jonas Savimbi in die oorloggeteisterde Angola te gaan maak. Terwyl die scoop waarvoor sy alles op die spel plaas, haar ontwyk, begin ‘n ander, dwingender onderwerp die charismatiese figuur van die Unita-rebelleleier verdring. Sy praat met vroue-slagoffers van die oorlog en vind hulle is weerlose gevangenes wat hul individualiteit, hul vrouwees en hul vryheid moet prysgee ter wille van blote oorlewing. Sy word geruk en self diep verwond deur die verwoestende belewenisse wat deur hul verhale skroei, en kan uiteindelik slegs voortgaan om die geskende lewens en verminkte lywe te dokumenteer omdat sy besef: “Al wat die vroue nog oorhet, is hul storie. En die wêreld moet dit weet.”

As jy hou van verhale wat jou laat nadink oor die menslike kondisie en die komplekse interaksies tussen mense, dan is Slagoffers beslis die moeite werd om te lees. Van Zyl se vermoë om emosionele kompleksiteit met eenvoud te verwoord, maak dit ‘n boek wat lank na die laaste bladsy by jou sal bly spook.

‘n Onvergeetlike roman oor die brutale uitbuiting van vroue in oorlogstyd, en oor hul amper bomenslike vermoë om die ergste te oorleef.

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop