Tuinmaak met eiegoed

Skrywer: Tanya Visser, Anna Celliers

Formaat: Groot Sagteband

Toestand: Baie Goed

R45.00

1 in stock

1 in stock

Tuinmaak met eiegoed stel jou bekend aan die jongste hibriede van die mees geliefde en nuttigste inheemse plante en gee jou wen-idees om hulle in konvensionele tuinontwerp te gebruik. Oorsese kwekers vry immers al jarelank na ons pragtige flora, en nuwe klone van ons eie pronkplante verskyn elke jaar in die handel. Hierdie plante neem nou hulle regmatige plek in ons tuine in.

Die boek is ‘n spanpoging deur twee van ons bekendste tuinpersoonlikhede, en weerspieël hulle gewilde aanbiedings en gemaklike skryfstyl. Hulle benadering is ontspanne, liewer as puristies, en hulle veroordeel nie eksotiese plante tot die dood, of predik die stiksienige navolging van bioomspesifieke aanplanting van slegs endemiese plante nie. Hulle moedig tuiniers liewer aan om hulle tuine te geniet en te eksperimenteer om die plante wat hulle regtig graag wil hê, te laat oorleef. Baie plante gedy waar mens dit die minste verwag, en juis dit is deel van die vreugde van tuinmaak.

Hierdie gedugte span wil nie hê jy moet dink dat hulle deur inheemse tuinmaak aan te moedig, bedoel dat elke eksotiese plant uit die bose is en verban moet word nie. Benewens plante wat amptelik as verbode indringers geklassifiseer is en uit elke tuin verwyder moet word, kan jy gerus al jou geliefde plante in jou tuin hou waar hulle gesellig sal leer skouers skuur met jou nuwe inheemse plante.

Tuinmaak met eiegoed is ryklik geïllustreer met pragfoto’s uit The Gardener/Die Tuinier se fotobank en elke bladsy is ‘n visuele fees wat nie net inlig nie, maar ook inspireer. Met hope wenke en plantvoorstelle, is die praktiese benadering een wat by alle tuiniers sal aanklank vind.

Delivery Options

Build a Bundle

To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.

Paxi (Pep to Pep)

Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.

Pudo (Locker to Locker)

We will send your package to the nearest locker of your choice.

Aramex (Store to Door Courier)

Convenient delivery to your door.

Collection

Collect your package from our address in Montana, Pretoria.

Description of book condition:

New – Brand new and unread book.

As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.

Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.

Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.

Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.

Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.

Beskrywing van boeke se toestand:

Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.

Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,

Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,

Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.

Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.

Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.

Book Formats

Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm

Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm

Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm

Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm

Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop