Ena Murray Omnibus 17
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
R50.00
Out of stock
Out of stock
Rabbedoe van Rietkuil
Toe Wynand Hechter, baas van die spogplaas Rietkuil, ‘n advertensie plaas vir ‘n plaasvoorman, sou hy nooit kon droom wat hy homself op die hals haal nie. Want toe die nuwe voorman opdaag – agterop ‘n donkiekar – is dit g’n “voorman” nie maar ‘n “voorvrou” wat voor hom stelling inneem tot sy verbystering en toe algehele verontwaardiging.
Maar Nicolette Bezuidenhout ken van haar man staan, en sy kry vanuit die staanspoor volle ondersteuning van oom Fasie wat ook op die plaas bly. Om dinge nog meer gekompliseerd te maak, is daar ‘n baie belangstellende buurman en les bes ‘n broer wat opdaar. Toe ontpop die bokstert, langbroek rabbe-doe-“voorman” tot sy misnoeë skielik in ‘n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere.
Geen wonder Wynand Hecher is later totaal die harnas in gejaag nie, maar gelukkig vir hom het oom Fasie altyd ‘n plan. Rabbedoe van Rietkuil is ‘n plesierige boek wat beslis geniet sal word.
Waar die nagtegaal sing
Waar die nagtegaal sing is ‘n veel soberder verhaal: dié van ‘n jong meisie wat haar wil ontferm oor haar oorlede suster se twee kinders – en selfs bereid is om daarvoor na Spanje te gaan. Helmien Naudé is egter heeltemal onvoorbereid op haar ontvangs by die Middeleeuse kasteel met sy eksentrieke inwoners.
Ramiro Dominguez se dominerende houding, sy minnares se gekonkel en sy suster se haatdraendheid maak haar lewe uiters onaangenaam. En tog, toe Ramiro skielik besluit dat haar doen en late hom nie meer skeel nie en dat sy kan kom en gaan soos dit haar pas,begeer sy dat hy soos altyd moet wys hy is baas, ook háár baas. Dat hy haar “pequena” (kleintjie) moet noem…
My afgemete deel
In My afgemete deel beland die pragtige maar onkundige Hybre Koch in die strikke van ‘n getroude man. Toe sy haar kom kry, is sy betrokke by ‘n ongure hofsaak. Advokaat Arend Ritter red” haar, maar op ‘n voorwaarde: sy moet bereid wees om vir die duur van die hofsaak as sy verloofde te poseer.
Die advokaat vir die verdediging is egter nie verniet ‘n gedugte rooikop nie: Mercia Koornhof kom Hybre se geheim agter en sy stel haar eie voorwaardes toe Hybre nie wil hê dat die hele bedrogspul op die lappe moet kom nie. En Hybre besef dat nie net Arend Ritter se goeie naam en reputasie op die spel is nie, maar sy hele toekoms. Sy hele lewe.
En dit is vir haar duidelik dat sy sal moet vlug.
Delivery Options
Build a Bundle
To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.
Paxi (Pep to Pep)
Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.
Pudo (Locker to Locker)
We will send your package to the nearest locker of your choice.
Aramex (Store to Door Courier)
Convenient delivery to your door.
Collection
Collect your package from our address in Doornpoort, Pretoria.
Description of book condition:
New – Brand new and unread book.
As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.
Beskrywing van boeke se toestand:
Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.
Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,
Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,
Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.
Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.
Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.
Book Formats
Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm
Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm
Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm
Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm
Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm