Ena Murray Omnibus 14
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
R50.00
Out of stock
Out of stock
Elkeen van die drie heldinne in Ena Murray Omnibus 14 bevind haar in die eksotiese vreemde en moet stry teen iets in haarself waarvan sy vroeër nie bewus was nie.
Die glimmende simitar
Die glimmende simitar is die heel eerste pennevrug van Ena Murray – geskryf toe sy maar veertien was, en tien jaar later gepubliseer!
In hierdie verhaal maak Rianne ‘n sterfbedbelofte aan haar moeder dat sy na haar verlore broer sal soek – agter die golwende wit sandduine van Arabië. Onder die brandende woestynson kry sy egter méér as waarvoor sy gesoek het: sy vind die liefde van haar lewe. Maar hoe kan sy ‘n Arabier bemin? ‘n Geheimsinnige sjeik wat aan brutale stamgevegte deelneem en bereid is om tot die dood toe te veg?
Die magtige sjeik Ahmed el Hadab beloof Rianne sy sal die enigste vrou in sy harem wees. – maar durf sy hom vertrou? Moet sy nie liewer na haar gesonde verstand luister en wegkom uit sy tent, uit sy heerlike, hartstogtelike omhelsings nie?
Maanlig oor die Amasone
In Maanlig oor die Amasone kruis ‘n gemaskerde oerwoudman Annalie se pad wanneer sy na haar pa en verloofde in die Amasone gaan soek. Sy sal hom nooit sonder sy masker sien nie, sê Rex vir haar. En daar is geen valsheid in die oerwoud nie: hier leer ‘n mens jouself werklik ken. Maar die Annalie wat sy in Rex se vurige omhelsings leer ken, is vir haar totaal onaanvaarbaar.
Intussen moet sy die soektog voortsit. Sy bereik die oerland wat haar pa destyds gaan soek het – maar ‘n verlore paradys is dit nie… Sy besef sy moet wegkom uit die oerwoud, weg van Rex wat al hoe vreemder en ongenaakbaarder optree. Dis net dat die beskawing baie weke ver lê. En sonder Rex is sy vrou-alleen teen mensvretende plantgedrogte, barbaarse oerwoudwette en die gevreesde vroue van die Amasone…
‘n Eiland in die son
‘n Eiland in die son – só lyk dit vir die toeriste wat Fernando Poo aandoen. Maar toe die negentienjarige Willemien in ‘n ligte vliegtuig hier in die tropiese oerwoud neerstort – saam met ‘n geheimsinnige vreemdeling en ‘n jaloerse miljoenêrsvrou, nadat hulle as gyselaars uit hul gekaapte Boeing op pad terug na Suid-Afrika ontvoer is – is dit allesbehalwe ‘n toeristeparadys.
Die stryd om oorlewing in die vyandige, bedompige trope begin. En ook Willemien se stryd teen haar verraderlike hart. Hoe kan sy haarself so totaal vergeet in die arms van ‘n geheimsinnige vreemdeling, ‘n man wie se van sy nie eens ken nie? Dít terwyl sy op trou staan met lan, wat óók in die ongeluk was, maar nou nêrens te vinde is nie.
Ian is die man van haar hart – nie hierdie wrede skurk met die gloeiende oë nie. Maar as die sterk arms haar weer nader trek en sy lippe eisend op hare neerkom, antwoord sy met ‘n oorgawe en ekstase wat sy nog nooit by haar verloofde ervaar het nie.
Omnibus 14 is vol tergende geheime. Dit is ‘n boek wat jou nie los voor jy hom van begin tot einde verslind het nie.
Delivery Options
Build a Bundle
To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.
Paxi (Pep to Pep)
Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.
Pudo (Locker to Locker)
We will send your package to the nearest locker of your choice.
Aramex (Store to Door Courier)
Convenient delivery to your door.
Collection
Collect your package from our address in Potchefstroom.
Description of book condition:
New – Brand new and unread book.
As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.
Beskrywing van boeke se toestand:
Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.
Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,
Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,
Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.
Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.
Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.
Book Formats
Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm
Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm
Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm
Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm
Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm