Die Swart Mandaryn
Skrywer: Heinz G. Konsalik
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Goed
R45.00
Out of stock
Out of stock
Die Duitse volkekundige dr. Hans Rathenow is die eerste Westerling wat toegelaat word om die onherbergsame platteland van China te besoek. As skrywer van reisverhale en kenner van die ryk Chinese kultuur is dit vir hom die kans van ‘n leeftyd. Begelei deur sy beeldskone reisgids, die vyf-en twintigjarige Wang Lijoen, betree hy die sprokiesagtige wêreld van die Naksi’s en die Bai’s, en niksvermoedend ook die terrein van ‘n ander, versweë Chinese subkultuur, die gevreesde Triade.
Soos ‘n skaduwee agtervolg Sjen Jiafoe se handlangers die volkekundige en sy reisgids eers na die drie tempels van Dali, die sneeuberge van Lidsjiang, en dan na die afgeleë gebiede van die Ji en die Mosoeo langs die romantiese Loegoe-meer. En soos die dae oorgaan in weke, grynslag Sjen Jiafoe en die Gao Lao in Hongkong al hoe breër. Alles verloop volgens plan.
Rathenow word betower deur Lijoen se amandelvormige bruin oë en haar skugter glimlag, maar hul groot ouderdomsverskil weerhou hom daarvan om sy liefde aan die klein Chinesie te verklaar. Min weet hy dat iemand reeds sy Achilles-hak ontdek het. Lijoen word sy geluk en ongeluk. Om haar te beskerm moet hy die swaard opneem, ‘n hoenderhaan se kop afkap en só lid word van die Triade, ‘n geheime broederskap van gewetenlose misdadigers wat regoor die wêreld strek. Weier hy, word Lijoen gestraf en skenk die Chinese Mafia hom ‘n vingerlit, ‘n fraai klein oortjie, of dalk ‘n spits neusie …
Daar is geen uitkomkans nie. Die Triade vereis onvoorwaardelike gehoorsaamheid en hy, Hans Rathenow, het Wang Lijoen lief.
Delivery Options
Build a Bundle
To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.
Paxi (Pep to Pep)
Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.
Pudo (Locker to Locker)
We will send your package to the nearest locker of your choice.
Aramex (Store to Door Courier)
Convenient delivery to your door.
Collection
Collect your package from our address in Montana, Pretoria.
Description of book condition:
New – Brand new and unread book.
As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.
Beskrywing van boeke se toestand:
Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.
Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,
Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,
Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.
Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.
Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.
Book Formats
Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm
Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm
Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm
Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm
Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm