Brekfis met die Shrink deur Eugene Kemp
Hierdie beskrywings is ‘n versameling uit Eugene Kemp se gereelde gesprekke met Derrich Gardner op Saterdag-oggende op RSG in die program Brekfis met Derrich.
Eugene Kemp skryf met diep insig maar op ‘n lekker lees trant oor die alledaagse wat ons lewe vorm maar veral hoe ons moet reageer teenoor die gebeure wat ons lewens beinvoed. Vars, kort stories wat eenvoudig jou lewe sal verryk.
Dr Eugene Kemp (PhD N-WU) is ‘n geregistreerde sielkundige en ‘n gesaghebbende met ‘n wye ervaring in die bedryfsielkunde tov veranderingsbestuur. Hy is ‘n gereelde spreker op RSG en het reeds op verskeie TV programme opgetree. Hy is ‘n lewensafrigter vir verskeie prominente maatskappye en was betrokke by afrigting in die Presidentskantoor in 2007. Hy skryf gereeld vir verskillende tydskrifte, onder andere maandeliks vir Finesse en Manwees. Sy passie is om mense te begelei om hulle optimale menswees te ontgin en te bereik.


Reviews