Stem uit die Wilderness
Skrywer: Daan Prinsloo
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
R55.00
Out of stock
Out of stock
Vir byna ‘n halfeeu – van 1936 tot 1989 – het PW Botha sy volle plek in die openbare lewe van Suid-Afrika ingeneem. Op Caledon het hy die politieke leer op sy laagste trap begin klim; in September 1984 het hy die hoogste sport bereik, as die eerste uitvoerende Staatspresident van die land. Vyf jaar later het hy sy amp verlaat: gewond en vegtende – soos hy dwarsdeur sy loopbaan gedoen het.
Nadat Stem uit die Wilderness, in 1990 voltooi is, moes dit aan mnr. FW De Klerk voorgelê word vir goedkeuring. Hy het veranderinge aangebring deur sekere dele te skrap en o.m. ook die notule van oud-pres. Botha se laaste kabinetsvergadering (seker die mees onstuimige in die NP se geskiedenis) te parafraseer. Van hierdie “veranderinge” is nou deur mnr. Botha self vir die publikasie “herstel”, en dit bied aan die Afrikaanse leser ‘n onthullende blik op die botsings, twis en kwaai binnegevegte wat soms agter die politieke skerms plaasvind.
Dr. Daan Prinsloo se vlot en boeiende skryfstyl gee aan die boek die trefkrag van ‘n politieke riller. Die leser kry hierin ook antwoorde op talle aktuele vrae: Was daar ‘n Derde Mag? En wie was daarby betrokke? Hoekom wou mnr. Botha nie met die ANC praat of Nelson Mandela vrylaat nie? Wat het daardie windstil dag van 17 Januarie 1989 plaasgevind toe mnr. Botha aan sy personeel gevra het: “Hoor julle hoe waai die wind?” en hy laat die nag ‘n beroerte-aanval gehad het wat later as “slaanstok” gebruik is om hom uit die politiek te dryf?
Dr. Prinsloo skryf so oor mnr. Botha se vertrek uit Tuynhuys: “Oudergewoonte het hy agterin die ampsmotor geklim en met die wuif van sy hand vir oulaas stadig in die aandskemer deur die wit hekke van Stalplein en Roelandstraat na Westbrooke vertrek. “n Loopbaan van meer as ‘n halfeeu in die politiek was verby.”
Maar dis sy laaste woorde aan sy kollegas op daardie noodlottige kabinetsvergadering wat vandag nog in ons ore weerklink soos ‘n profetiese waarskuwing van ‘n “stem uit die wildernis”: “Daar breek vir julle ‘n baie moeilike tyd aan, ek kry julle jammer. Die magte wat julle losgelaat het, is onhanteerbare perde…
Delivery Options
Build a Bundle
To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.
Paxi (Pep to Pep)
Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.
Pudo (Locker to Locker)
We will send your package to the nearest locker of your choice.
Aramex (Store to Door Courier)
Convenient delivery to your door.
Collection
Collect your package from our address in Doornpoort, Pretoria.
Description of book condition:
New – Brand new and unread book.
As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.
Beskrywing van boeke se toestand:
Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.
Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,
Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,
Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.
Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.
Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.
Book Formats
Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm
Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm
Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm
Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm
Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm