Ena Murray Omnibus 22

Skrywer: Ena Murray

Formaat: Groot Sagteband

Toestand: Baie Goed

R50.00

Out of stock

Out of stock

‘n Vrou soos Salome

Salome Truter, lieflingster van die sangverhoog, verleen glans aan enige geleentheid – of dit nou op die verhoog of by ‘n rykmansparty is. Só besluit die joernalis Jaco Retief toe hy tydens so ‘n party verveeld tussen die kunstenaars en snobistiese ondersteuners van die kunste ronddwaal en haar eenkant sien sit. ‘n Vreemde weerloosheid in haar andersins gesofistikeerde houding val hom op. Impulsief nooi hy haar vir ete, en ‘n vriendskap begin tussen hulle groei.

Dis teenoor hóm dat Salome vir die eerste keer openhartig oor haar persoonlike lewe praat, en laat blyk dat haar lewe nie altyd so glansryk was nie. Hy besef sy eerste indruk was reg: onder die betowering van haar openbare beeld skuil daar oneindige hartseer.

Twee paaie na Khuana

Anel Bredenkamp kan nie verstaan waarom twéé mans skielik so gretig is om haar Bosveldplasie te koop nie. Ten einde raad stel sy haar vennoot in beheer van hul boetiek en pak die tog Noorde toe vrou-alleen aansonder om enigeen te laat weet dat sy op pad is.

Maar haar verrassingstaktiek boemerang lelik toe sy haar eers vasloop in die moordlustige Emile Koster, en kort daarna ontdek dat sy die enigste gas op Gus Guthrie se safariplaas is. Sy kan nie een van dié twee voornemende kopers kleinkry nie. Wat is dit wat hulle vir haar wegsteek?

Toe Emile Koster een aand onverwags in haar rondawel verskyn en eers haar nek wil omdraai en haar toe deeglik soen, ruik Anel gevaar. Wie is bondgenoot en wie vyand? Of moet sy aanvaar dat niemand te vertrou is nie? Dat sy alleen staan in dié onheilspellende boswêreld waarin nie net die twee geheimsinnige mans nie, maar ook verwoede buffels, gewetenlose wilddiewe, slange, skerpioene en die duiwel self – in die gedaante van Hazel de Nova – ‘n sinistere rol speel…

Verwonde jare

Daniël Pohl se wêreld spat aan skerwe met die verskyning van ‘n skokkende nuusberig: ‘n Middeljarige man in ‘n silwergrys Mercedes het op straat ‘n onwelvoeglike voorstel aan ‘n vrou gedoen. Toe sy weier, het hy haar baba in sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël Pohl is dieselfde middag in sy silwergrys Mercedes in die omgewing van die voorval opgemerk, en hy word as verdagte by die Houtbrug-saak betrek.

Sy vrou en kinders, sy vriende en sy advokaat, almal probeer ‘n sinvolle verklaring vind. Maar met elke hofsitting span die web al stywer om hom . . . want tydens die uitkenningsparade het die vrou haar hand op sy skouer laat rus. Drie keer. Hy hou vol dat hy onskuldig is. Maar hoe kan dit opweeg teen al die feite? En waarom weier hy om te appelleer?

In die gevangenis is dit die aantreklike sielkundige, dr. Elma Neethling, wat daarin slaag om deur sy kors van verbittering te dring. Maar tydens hulle gespreksessies dring gevangene 8745923 ook tot háár deur; laat hy vergete verlangens en behoeftes weer ontwaak…

Verwonde jare is op ‘n werklike voorval gegrond.

Delivery Options

Build a Bundle

To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.

Paxi (Pep to Pep)

Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.

Pudo (Locker to Locker)

We will send your package to the nearest locker of your choice.

Aramex (Store to Door Courier)

Convenient delivery to your door.

Collection

Collect your package from our address in Potchefstroom.

Description of book condition:

New – Brand new and unread book.

As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.

Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.

Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.

Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.

Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.

Beskrywing van boeke se toestand:

Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.

Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,

Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,

Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.

Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.

Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.

Book Formats

Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm

Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm

Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm

Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm

Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop