Die Muur van die Pes

R35.00

Out of stock

Out of stock

Skrywer: Andre P. Brink

Formaat: Groot Hardeband

Toestand: Baie Goed

Een van die ergste vorms van die Swart Dood in die 14de eeu het sy slagoffers binne vyf dae uitgewis. Maar dat daar ander, subtiele, moderne en ewe dodelike vorme bestaan van die Pes wat in die donker wandel, ontdek die bruin Kaapse meisie Andrea Malgas gedurende die vyf dae wat sy ná ’n jarelange verblyf in Europa in Provence deurbring.
Sy staan tussen twee mans: Paul, die welvarende, middeljarige blanke esteet wat haar al die gerief en sekuriteit van ’n lewe in Europa aanbied; en Mandla, die jong swart aktivis wat haar opnuut blootstel aan die gevaarlike teenwoordigheid van Afrika, waarvan sy haar so lank al vry gewaan het. Onder andere moet sy besluit of “vryheid” ook mag beteken dat jy kan klaarkom sonder die land, die samelewing, die mense wat jou gevorm het.
Op soek na lokaliteite vir Paul se film oor die Swart Dood kom Andrea en Mandla uit by die oorblyfsels van ’n Muur van die Pes wat eeue gelede gebou is om die plaag te probeer keer. Vir haar is dit die kulminasie van al die baie mure waardeur sy in haar lewe voorgekeer is en wat mense apart van mekaar probeer hou: mure tussen ras en ras, tussen generasie en generasie, tussen man en vrou, tussen hede en herinnering, tussen werklikheid en droom, uiteindelik tussen lewe en dood. Wat sy egter ontdek in die skokkende ontknoping van ’n lewe, herleef in vyf dae, is nie iets negatiefs nie, maar die ontroerende besef dat mure ook afgebreek kan word.
In die laaste instansie is dit die skrywer Paul wat in een van die oorspronklikste verteltegnieke wat nog in ’n roman gebruik is, antwoorde moet gee op die baie vrae wat die verhaal se opset bepaal. Wat daardie antwoorde is, en of hy daarby uitkom, kan die lesers eers aflei wanneer hy die hele sirkel van die roman voltooi het.
Die muur van die pes, wat in baie opsigte ’n bedoelde tweeluik met Kennis van die aand vorm, is ’n ryker en ryper werk as enigiets want André P. Brink nog geskryf het.

Delivery Options

Build a Bundle

To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.

Paxi (Pep to Pep)

Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.

Pudo (Locker to Locker)

We will send your package to the nearest locker of your choice.

Aramex (Store to Door Courier)

Convenient delivery to your door.

Collection

Collect your package from our address in Doornpoort, Pretoria.

Description of book condition:

New – Brand new and unread book.

As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.

Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.

Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.

Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.

Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.

Beskrywing van boeke se toestand:

Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.

Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,

Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,

Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.

Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.

Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.

Book Formats

Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm

Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm

Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm

Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm

Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop