Louisa du Toit Omnibus

Skrywer: Louisa du Toit

Formaat: Groot Sagteband

Toestand: Baie Goed

R45.00

1 in stock

1 in stock

Aan ‘n liefde van gister

Sedert die vreemde jong man haar pa se winkel binnegestap het, het daar ‘n waas tussen Elize Wagner en die werklikheid ingeskuif. As sy net sy naam kon weet; as hy net weer sou kom.

Maar Elize se ouers, arm soos kerkmuise, wil haar aan ryk ou Jannie Deetlevs, ‘n regte katknyper, afsmeer. Sy eerste vrou is wel dood, maar g’n mens weet wat van die tweede geword het nie. Om hul pragtige dogter – selfs haar enigste vriend, Joep Conradie – ter wille van geld op die altaar te lê, pla haar ouers se gewete allermins. Dit is hul enigste finansiële redding uit bankrotskap.

Samantha Kemp, Elize se tante en begaafde pianiste in die huis langsaan, is die enigste ligpunt in Elize se versmorende bestaan. Haar oorryp niggie, Bernice, het haar oog op die enigmatiese Fred Kemp. Of sy haar tante teen die wolvin moet waarsku, weet Elize nie. Nog minder hoe ‘n soort prooi Fred sal wees. Want daardie donker kloof tussen Samantha en Fred dreig al hoe meer om hulle albei in te sluk.

Samantha is die goeie fee wat Elize en Marius Paulsen help om by mekaar uit te kom. Maar of Elize nou haar hart gaan volg, of eerder haar gewete teenoor haar versukkelde ouers – dis ‘n ander storie.

Dag van kleine dinge

Soos enige stofdorpie spog Donkerdal met ‘n mengelmoes van eksentrieke karakters. Soos Doll Dippenaar, kafeekatjie met haar visier op ou Mannetjie Roos, reeds een voet in die graf. Of tant Mattie Rygert, Sukkelmaar se kromskouertjieboer wat haar nuwe voorman op die stasie gaan haal.

Dat Henk Mayer, daardie pragstuk van ‘n mansmens met sy bos swart krulhare, nou juis hier volgens sy pa se meesterplan as “voorman” moet beland! Die rykmanseun moet homself bewys en sy staal toets, voordat hy sy oupa se plaas sy kan erf.

Wanneer Henk vir Trudie Rygert, Mattie se verpleegsterdogter uit die stad, ontmoet, kry Donkerdal en Sukkelmaar meteens ‘n rooskleuriger dimensie. Net jammer dat Jocelyn Andrews – gebore mannejagter, Trudie se woonstelmaat en Pieter Moss se vorige loslappie – haar kloue alte gou in die aantreklike jong man se spiere inslaan.

Dis nou eenmaal waar dat ‘n mens nie jou geliefde se vorige meisie sonder komplikasies erf nie. Trudie het Jocelyn al baie dinge vergeef: haar danigheid met Pieter Moss, haar bedenklike sedes. Maar die flirtasie met Mayer, haar ma se voorman, is die laaste druppel wat die emmer laat oorloop.

Kerse in die wind

“Jy maak ‘n fout om liefde met behoefte te verwar,” het tant Em gewaarsku. “In ware liefde het behoefte geen plek nie. Jou maat moet volledig in homself wees. Jy kan nie vir hom geluk bring nie.

“Maar ek het hom lief en ek wil hom hê.” Wanneer dit by Philip de Necker kom, het Renate Gous se hart na niks en niemand geluister nie.

“Vat sy broer, Poena. Op hom sal jy kan vertrou – ‘n man uit een stuk.” Haar pleegtante se voorspelling was toe wel in die kol.

Philip swig voor Moira Halliday, skatryk en beeldskone sosiale vlinder. Philip se pynlike verraad dryf Renate een koue reënnag die onherbergsame stadstrate in. Sy keer blindelings ‘n wildvreemdeling voor om haar van ‘n agtervolger te red. Haar onbekende weldoener is Tielman Graafwater, vryskutskrywer wat saam met sy kluisenaarma, Nana, en tienerdogter, Anitra, op ‘n kleinhoewe woon.

Intussen loop al Poena de Necker se pogings om Renate op te spoor uit op ‘n nul. En Renate besef dat sy nie vir altyd op Tielman se kleinhoewe kan wegkruip nie. Philip begin vermoed dat hy eintlik net ‘n duur speelding vir Moira is, ‘n soort manlike Eliza Doolittle wat met die regte aksent moet leer praat om die sosiale paradys binne te gaan. Maar dit is seker te laat om nou op sy afdwaalpaaie te wil terugloop, weer tot in sy gousblom se hart in.

Verby is die nag

Herta Hartogh wou net haar wonde oopskryf, die ou seerkry van haar verlede besweer met Nag van verskrikking. Maar haar manuskrip beheks uitgewer Jurgen Duursema so dat hy perspektief verloor. Wat is waarheid en wat is fiksie? Die gruverhaal wat hom deur die bladsye heen ontvou die versluierde aanloop, die onheilsnag. Kan dit alles waar wees, of is dit die maaksel van ‘n vrugbare verbeelding?

Die eerste keer sedert Noekie se dood is Jurgen weer bewus van ‘n vrou. Vir sy ma, Theunette, vorm dit dreigende vraagtekens: Wat as die geskiedenis homself herhaal? Watter soort ma sal hierdie skryfster vir klein Pierrie wees? Is Anina nie ‘n veiliger keuse nie?

Herta is ‘n vrou soos ‘n vuurtoring – sy hou haar gloed binne, ‘n man kry net die veraf, koue flitsing daarvan. Daarvan kan Leon la Kock, die blonde Adonis wat saam met Herta en Emery ‘n woonstel deel, getuig. Want ook hy kan nie tot haar diepste wese deurdring nie. Totdat hy die manuskrip deurlees wat Jurgen een aand by haar woonstel kom aflewer.

Jurgen besluit om teen alle waarskuwing in nogtans in Herta se beskadigde ratwerk te krap – al is dit net om daar- die pyn in haar oë vir goed te verwyder.

Delivery Options

Build a Bundle

To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.

Paxi (Pep to Pep)

Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.

Pudo (Locker to Locker)

We will send your package to the nearest locker of your choice.

Aramex (Store to Door Courier)

Convenient delivery to your door.

Collection

Collect your package from our address in Montana, Pretoria.

Description of book condition:

New – Brand new and unread book.

As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.

Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.

Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.

Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.

Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.

Beskrywing van boeke se toestand:

Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.

Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,

Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,

Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.

Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.

Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.

Book Formats

Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm

Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm

Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm

Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm

Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop