Wraakspel

Skrywer: Ina Wessels

Formaat: Medium Hardeband

Toestand: Baie Goed

R30.00

1 in stock

1 in stock

Wraakspel deur Ina Wessels

Toe die sensuele Laura Phillips op Dealesville begin skoolhou in die plek van ‘n vermoorde onderwyseres, kan niemand haar lof genoeg besing nie. Sy is bekwaam, kreatief en hardwerkend. En so giftig soos ‘n slang, vind Elrika en haar suster Alexandra spoedig uit. Makaber dinge begin skielik op die dorpie gebeur en byna almal word gemanipuleer en beïnvloed deur Laura se boosheid. Om alles te kroon, verskyn die versteurde Dane Hattingh, wat vier jaar gelede wraak gesweer het teen Alexandra en Elrika, weer op die toneel.

Mense se lewens word byna vernietig, maar in die proses begin die legkaart stukkie vir stukkie inmekaar pas – totdat die ontnugterende waarheid voor almal ontvou.

Ina Wessels doen haar reputasie gestand as ‘n skryfster van formaat met Wraakspel, ‘n meesterlike spannings-liefdesverhaal. Die leser klou tot op die laaste bladsy aan die gebeure, en word opnuut verseker: om net lief te hê, is nie om jou trots prys te gee nie – dit is juis om dit te herwin.

Reviews

Be the first to review “Wraakspel”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop