Wees ‘n man van formaat deur Dr. James Dobson
Wat beteken dit om ‘n ware man te wees in ons hedendaagse samelewing gemeet aan God se standaarde? Dr. James Dobson, een van Amerika se grootste kenners op die gebied van die gesin, tref duidelik onderskeid in die verwarring tussen die wêreld se definisie en God se definisie van ‘n ware man.
Wees ‘n man van formaat handel in hoofsaak oor mans se rolle en verantwoordelikhede. Doktor Dobson inspireer mans met aktuele voorbeelde en besondere insigte in die veeleisende rol van manwees vandag. Hy bespreek dié eienskappe en aspekte van ‘n gesin wat God belangrik ag:
- Stabiliteit en leierskap sonder diktatorskap.
- ‘n Standvastige sisteem vir gesinsfinansies.
- Kinders wat God ken en goed voel oor hulleself.
- Vroue wat ondersteun word en werklik geliefd voel.
- Betekenisvolle saamwees en wedersydse aanmoediging.
- Hierdie boek praat op die man af en gee doelgerigte leiding vir die pa van vandag.


Reviews