Voor brand ‘n lig

Skrywer: Pets Marais

Formaat: Medium Hardeband

Toestand: Baie Goed

R25.00

1 in stock

1 in stock

Voor brand ‘n lig deur Pets Marais

Pets Marais se verhaal speel af in die verre toekoms wanneer interplanetère reise ‘n alledaagse ding is. Al die bewoonde planete van die Heelal word oorheers deur die gevreesde Hoka, wat enige skyn van opstand teen hulle met geweld onderdruk.

Toe Kedar en Nebar, gedurende ‘n diplomatiese besoek aan die Aarde, deur Fani se toedoen in ‘n komplot ingesleep word, weet hulle dat hulle sal moet vlug. Hulle slaag daarin om plek op die ruimtetuig Avonturier te kry, maar word daar deur die kaptein gearresteer. Hulle word ter aarde gelaat op ‘n klein planeet Falkadyn, waar ‘n ambisieuse Hoka-prins op hulle wag om hulle te verhoor. Deur ‘n slim set, slaag hulle daarin om in die Hoka-prins se ruimtetuig te ontsnap en neem prinses Viera van Falkadyn met hulle saam.

Nou volg ‘n jaag tog deur die ruimte met net hulle vier aan boord en ses ruimtetuie van die Hoka wat hulle agtervolg. Gaan hulle daarin slaag om weg te kom van hulle agtervolgers? Waar gaan hulle ‘n veilige planeet vind waar hulle in vrede kan woon? Is die mooi prinses van Falkadyn wat vrywillig saam met hulle gekom het, hulle werklik goedgesind? Waarom gaan daar gedurig dinge verkeerd met die ruimtetuig? Is dit moontlik dat een van die vier passasiers ‘n spioen van Hoka is?

Voor Brand ‘n Lig, is ‘n spannende ruimteverhaal, wat die leser se verbeelding sal aangryp en opwindende vlugte in die toekoms sal laat neem. Pets Marais se toekomsmense is lewende, interessante karakters wat veg vir hulle persoonlike vryheid en ook dié van hulle eie tuisplanete.

Reviews

Be the first to review “Voor brand ‘n lig”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop