Vonke uit die Koeroeklip deur Gert Sarrisam
Die skrywer herskep die ongerepte jeugwêreld van elke Namakwalander, so helder en so hartseer soos ‘n kelkiewynroep. Maar meer nog, van elke leser wat ‘n stukkie platteland of plaas heimlik aan sy hart koester. En só word hierdie verhale allemansbesit, allemansplesier, maar veral allemanstroos, verfrissend en verrassend soos ‘n bos bloulelies uit die Sandveld – Marina le Roux – Resensent en Boekkenner
Wat hierdie vertelling uniek maak, is dat dit méér is as net kontreistories in ‘n outentieke Sandveldse Namakwalands. Dit is herinneringskuns met ‘n besonderse invalshoek: die dikwels krapperige verhouding tussen ‘n pa en sy seun; die eeue oue stryd wat die vonke tussen die ou ram en die jong ram laat spat. Maar deernis ontbreek nooit in di stryd tussen korrelkop en korrelkop in ‘n ongenaakbare, afgesonderde landstreek nie – George Weideman – Skrywer


Reviews