Volmaakte Oomblik deur Nerine le Roux
Melanie se baas is ń gedugte man wat deur al die maatskappy se werknemers gevrees word omdat hy so presies is en dieselfde van sy werknemers verwag. Daarom is dit met ń kloppende hart dat sy verneem sy sit van nou af langs sy kantoor en staan hom by met belangrike werk. Snaaks dat hy teenoor haar so genaakbaar is, selfs vriendelik, wel, selfs …
Wat ook al sy bedoelings is, Melanie het haar hart toegesluit die dag toe haar man en haar baba verongeluk het. Sy sien nie kans om weer die risiko te loop dat sy liefkry en verloor nie.
Maar ń sneeulandskap en ń Kersvader kan wonderlike dinge regkry.


Reviews