Vaselinetjie

Skrywer: Anoeschka von Meck

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R60.00

1 in stock

1 in stock

Vaselinetjie deur Anoeschka von Meck

Sy is Helena Bosman van ‘n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly.

Dis ‘n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ‘n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie.

Maar, soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.

Vaselinetjie het in 2004 in Afrikaans verskyn. IBBY het dit in 2006 op sy Ererol geplaas.

Reviews

Be the first to review “Vaselinetjie”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop