Uitsonderlike liefde deur Cynthia Robertson
Nadat Crystal se man sy vryheid verkies het toe sy hulle kind verwag, het sy haar hart en oë vir alle mans gesluit. Haar lewe bestaan uit haar dogtertjie en haar werk as visehoof aan ‘n gesiene hoërskool. Toe staan die lang Duitser net eendag daar. Een van haar leerders se pa.
Dit is waar Crystal se stryd begin, nie om sy liefde te wen nie maar om te keer dat sy hom liefkry, want dit kan net weer pyn veroorsaak. Wat dit moeiliker maak, is dat hy buitengewoon vasbeslote is om Crystal se hart te verower. En volgens hom gaan hy dit regkry, dis net ‘n kwessie van tyd.


Reviews