Uitgeboul deur liefde deur Mari Roberts
Haar vernedering het haar binne een aand in ‘n tierwyfie verander. En dit kan sy net voor Luke Jameson se deur lê. Luke Jameson, Suid-Afrika se krieketkaptein, wat meisies wêreldwyd laat swymel.
Teen hom moet Nicolette haar pantser. Hy het haar haar grootste vernedering besorg, en nou moet sy hom weer in die oë kyk. Van die oorryp lemoen van desjare is daar nie meer sprake nie, maar sy wil nie naby hom kom nie. Al is sy ná al die jare selfversekerd, laat Luke steeds haar bene jellie word.
Hoe kan sy vergeet dat hy haar in matriek amper geknak het?


Reviews