Uit die Beek 2005 deur Stephan Joubert
Uit die Beek is die oudste Bybelse dagboek in Suid-Afrika. Vanjaar word die dagstukke vir die tweede keer geskryf deur die gewilde teoloog en skrywer Stephan Joubert. Soos in die verlede is die oogmerk om die Bybel, aan die hand van die dagstukke, binne vier jaar deur te lees.
Die gedeeltes wat hierdie jaar aan die beurt kom, beklemtoon dat dit tyd is dat ons moet gaan boeke opmaak oor ons verhouding met God. Dit is nie moontlik om ‘n direkte lyn te trek tussen ons swaarkry en God se straf nie. Wanneer die onweerswolke rondom ons saampak, moet ons onverskrokke bly glo in God. Dan moet ons gehoorsaam bly aan Hom.
Al is die lewe hoe moeilik, kan ons seker weet dat God ons styf in sy hand vashou. Hy is altyd naby aan diegene wat in Jesus Christus glo en Hom getrou volg. Deur sy Gees en sy Woord hou Hy ons op die regte pad. Omdat dit sy Seun se kosbare bloed gekos het om ons te red, sal Hy ons nooit deur sy vingers laat glip nie.
Skrifgetroue dagstukke uit die pen van ‘n dinamiese prediker en gewilde skrywer. Elke dagstuk begin met ‘n Bybelgedeelte en ‘n kernteks en word afgesluit met ‘n gebed. ‘n Skrifgedeelte vir die aand word ook gegee. Aan die hand van ‘n gebedslys kan gelowiges vir ons land en sy mense bid.


Reviews