Trompie die sakeman

Skrywer: Topsy Smith

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R60.00

1 in stock

1 in stock

Trompie die sakeman deur Topsy Smith

Trompie gebruik sy vaardighede as entrepreneur om ‘n sakeplan vir ‘n snoepwinkel by die skool op te stel. Die Boksombende moet elkeen geld bydra om hierdie besigheid op die been te kry en is allesbehalwe beïndruk met hul Grootkaptein wanneer sake nie so vlot verloop soos hy hulle belowe het nie. Selfs Dawie se poging om die snoepie van ondergang te red misluk en die vier vriende sit met hul hande in hul hare.

Wanneer Trompie ‘n onervare onderwyser ‘n poets bak met ‘n pratende pop, kry hy ‘n briljante ingewing vir ‘n nuwe sakeonderneming. Maar wie sal vir die sproetgesig en sy vriende geld leen en wie sal by hulle wil koop nadat die snoepie so ‘n mislukking was?

Ons held is egter vasbeslote om te bewys hy is ‘n sakeman van formaat- en niemand het hom nog ooit van stryk gebring as hy eers ordentlik op dreef is nie!

Reviews

Be the first to review “Trompie die sakeman”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop