Sy twyfel nie meer nie deur Louise Minnaar
Marisna bots teen die aantreklike Riaan se kar toe hy skielik voor haar stop. Hy help haar met die rompslomp daarna en is besonder gaaf teenoor haar. Sy ignoreer hom egter want sy het nie tyd vir ‘n verhouding nie.
Haar ma probeer intussen een mansmens ná die ander aan haar afsmeer, maar dié mannetjies is ooglopend net agter haar pa se geld aan. Toe sy ‘n maat vir ‘n belangrike funksie benodig, bied Riaan aan om haar as haar skynkêrel te vergesel. Hoewel sy lief is vir hom, weet sy dit is alles tog net skyn, niks is eg nie. By die onthaal kry sy egter die verrassing van haar lewe…


Reviews