Sy fosforvrou deur Rosita Oberholster
Op Skulpiesbaai gaan Lanie vir die volgende drie maande herstel van haar huwelik wat uiteindelik beëindig is. Net om mettertyd verknog te raak aan ‘n man wat so omring is van vroue dat sy vrees hy is maar net soos haar gewese man: nie ‘n man vir een vrou nie.
Of is dit onvermydelik dat vroue na so ‘n aantreklike man aangetrokke sal voel? Hy speel nie noodwendig saam nie, begin sy glo. Want hy tree nie teenoor een van hulle op soos teenoor haar nie.
Maar op ‘n navorsingstog saam met hom word elke greintjie hoop uit haar gewurg toe sy ‘n gesprek hoor wat nie vir haar ore bedoel was nie.


Reviews