Sol Y Sombra

Skrywer: Uys Krige

Formaat: Medium Hardeband

Toestand: Goed

R40.00

1 in stock

1 in stock

Sol Y Sombra deur Uys Krige

Dis noual meer as anderhalf eeu dat Spanje met sy kleur, sy hartstog en sy drama ‘n onweerstaanbare aantrekkingskrag uitgeoefen het op ‘n groot verskeidenheid skrywers, digters, skilders, komponiste en volkekundiges uit alle dele van Wes-Europa. Dit was dus te verwagte dat hierdie pragtige ou land wat in party opsigte meer aan die vasteland van Afrika skyn te behoort as aan Europa en waar Afrika dieper spore getrap het as in enige ander Europese land- onmiddellik op die ontvanklike digtersgemoed en -gees van die 23-jarige Afrikaner, Uys Krige, ‘n besonder sterk indruk sou maak. Van dié indruk wat ‘n blywende invloed geword het in Krige se lewe, is Sol y Sombra die eerste treffende getuienis.

Uys Krige het al meermale verklaar: dit was Spanje wat gemaak het dat hy homself as prosaïs kon ontdek. Miskien sou ‘n mens hierdie bewering aldus moet wysig: die prosaskrywer wat in hom latent was, is deur sy voortdurende aanraking met die helderheid en soepelheid van die Franse gees tydens sy verblyf in Frankryk vanaf 1931 tot 1933, wakker gemaak; dié talent het nog net Spanje – met sy selfs helderder lig en skerper Middellandse klaarte, sy elegansie en vernaamheid, sy Afrikaansheid”, skrille kontraste, eenvoud van lyr en dramatiese karakter nodig gehad om dit plotseling vir die eerste maal ‘n vaste uitingsvorm te gee. In hierdie sketse, almal behalwe die allerlaaste in koerante en tydskrifte gepubliseer nog voor die verskyning van Krige se eerste digbundel in 1935, kry ons helderomlyn die vroegste aanduidings van sekere kenmerkende eienskappe van Uys Krige se veelsydige skrywerspersoonlikheid.

Reviews

Be the first to review “Sol Y Sombra”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop