Skeppende Laslap Patrone

Skrywer: Carol LaBranche

Formaat: Groot Sagteband

Toestand: Baie Goed

R35.00

1 in stock

1 in stock

Skeppende Laslap Patrone deur Carol LaBranche

Die moontlikhede om met materiaal te “skilder” is tot betreklik onlangs nie na behore beproef en ontgin nie. Die hoofrede was dat kwilters feitlik deurgaans met die tydrowende appliektegniek geswoeg het. Carol LaBranche toon nou in hierdie boek hoe maklik dit werklik is met laslap. Om sake verder te vereenvoudig is al die verbeeldingryke patrone op blokkiespapier geteken om natrek makliker te maak. Selfs ‘n beginner kan nou met persoonlike en oorspronklike skeppings vorendag kom deur verskillende ontwerpe te kombineer.

Dié besondere boek bevat, om net ‘n klompie te noem, talle ontwerpe van huise, skure, kerke, windmeulens, blomme, bome, mandjies, mense, bote, vlae, treine, vliegtuie, blare en alfabette, wat almal skeppend aangewend kan word.

1001 Skeppende Laslappatrone verteenwoordig ‘n splinternuwe benadering tot kwilt en is so ‘n omvangryke bron dat dit vir baie jare nuttig aangewend kan word.

Reviews

Be the first to review “Skeppende Laslap Patrone”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop