Schalkie van Wyk Keur 5

Skrywer: Schalkie van Wyk

Formaat: Groot Sagteband

Toestand: Baie Goed

R50.00

1 in stock

1 in stock

Anderkant môre wag geluk

‘n Vakansie op haar oom Pierre le Riche se wynplaas by Richeville – dis net wat Vicky nodig het om haar hartseer te vergeet en uiteindelik helderheid te kry oor haar gevoel vir dokter Erich de Lange, wat so lank al met haar wil trou. Vicky aanvaar ‘n pos as privaatverpleegster vir tant Monica Volkema op Latour… en ontketen met dié besluit ‘n hele kettingreaksie van afguns, slinkse konkelary en misverstande.

Maar het sy kon droom dat sy haar in ‘n draaikolk van liefde, jaloesie en intrige sou begewe?

Son van liefde

“Jy dra die son van liefde in jou óm, Lise,” het haar moeder eenkeer vir haar gesê.

En Lise Kirsten se geaardheid bring inderdaad sonskyn aan al die inwoners van Heimat – dit wil sê, almal behalwe die hovaardige en verwaande Herman Raubenheimer. Terwyl sy die gesellin en verpleegster is wat tant Renate so nodig het, en die kameraad wat Deidré se geheime en versugtinge deel, is sy vir Herman niks meer nie as ‘n arm verpleegstertjie wat haar brood moet verdien en moet regmaak wat haar suster verbrou het.

Dis net oom Jopie wat met sy skerp oë raaksien dat sake tussen die twee nie is wat dit op die oppervlak blyk te wees nie; dat die son wil-wil deurbreek in hul bewolkte verhouding.

Maar wat kan hy doen om die wolke te help oorwaai – veral terwyl Egbert Duvenhage en Theresa Malan hul deel bydra om sake te vererger? Buitendien, daar dreig ‘n baie donkerder wolk op die horison waaraan hy aandag moet skenk: die wraakplanne van ‘n man wat meer eis as wat hom toekom…

Schalkie van Wyk betrek in Son van liefde haar lesers by die wel en wee van die inwoners van Heimat, en laat hulle deel in die leed van elkeen wat by die groeiende intrige betrokke is.

‘n Bruid vir Eduard

Die toekoms lyk rooskleurig vir Liesel Botha wanneer die aantreklike dokter Martin Eloff haar vir ‘n naweek Durban toe neem om sy ouers te ontmoet. Toe hulle egter by ‘n motel stilhou en Liesel agterkom dat sy bedoelings nie heeltemal so eerbaar is nie, beland sy in ‘n ongemaklike situasie.

Die enigste ander getuie van haar ongemak is ‘n lang, donker vreemdeling wat hom oor haar ontferm en haar huis toe neem. Liesel sou graag van dié nag wou vergeet, maar stel die volgende dag vas dat die vreemdeling, dokter Eduard Stegmann, die man is wat haar tante vir haar as lewensmaat uitgesoek het.

In ‘n Bruid vir Eduard is die einste Eduard die oorsaak van ‘n twis tussen Liesel se tant Salomina en sy oom Barend. Dié twee mense woon onder een dak, maar die woonhuis word verdeel deur ‘n rooi verfstreep op die vloer en haelgewere in die hande van die twistendes. Die enigste saak waaroor hulle saamstem, is dat Liesel die geskikste bruid vir Eduard is. Dit wil egter voorkom asof Eduard sy beste vriend se vrou verkies, en toe Martin Eloff terugkeer en Liesel van sy ewigdurende liefde verseker, lyk dit asof die twee ou mense se drome verydel gaan word.

‘n Bruid vir Eduard is meer as net ‘n doodgewone liefdesverhaal. Met die slag van ‘n ervare skrywer skep Schalkie van Wyk ‘n boeiende verhaal vol kleurryke karakters.

Delivery Options

Build a Bundle

To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.

Paxi (Pep to Pep)

Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.

Pudo (Locker to Locker)

We will send your package to the nearest locker of your choice.

Aramex (Store to Door Courier)

Convenient delivery to your door.

Collection

Collect your package from our address in Montana, Pretoria.

Description of book condition:

New – Brand new and unread book.

As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.

Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.

Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.

Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.

Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.

Beskrywing van boeke se toestand:

Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.

Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,

Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,

Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.

Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.

Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.

Book Formats

Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm

Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm

Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm

Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm

Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop