Ou liefde roes nie deur Dina Botha
Milea kom terug Suid-Afrika toe vir haar pa se begrafnis, en loop haar weer vas in Marco Mendez, haar jeugliefde wat haar jare gelede in die steek gelaat het. Tot haar ergernis reageer haar liggaam en hart steeds sOos dié Van ‘n tienernmeisie met muisneste wanneer sy hom selfs net sien.
En Marco? Is die gesiene sakeman wat Milea steeds nie met rus kan laat nie, inderdaad die pierewaaier van destyds? En watter rol speel haar pa se bloedjong weduwee in sy lewe? Milea moet teen haar eie drake veg en sien nie weer kans vir Marco nie, maar sal sy kan staande bly teen sy pogings om haar hart van voor af te verower?


Reviews