Onveranderlike God en Onbegryplike Genade deur Stephan Joubert
Ten spyte daarvan dat mense van altyd af van God af wegloop, Hom bespot en dood verklaar, sy Naam misbruik, sy ander kinders minag en verwaarloos, hou God aan om te wees wat Hy ten diepste is: genadig. Hy soek sondaars op, maak klipharte sag en raak mense se lewens tasbaar aan.
In Onveranderlike God en Onbegryplike Genade ontgin immergewilde skrywer Stephan Joubert die feit dat God nooit verander nie. Sy genade raak nie bietjie vir bietjie op noudat die mense op aarde heeltemal uitgerafel het nie – Hy het mense steeds onverklaarbaar en aanhoudend lief.


Reviews