Ontdek: Bedreigde Diere
Wat is ‘n bedreigde dier? Hoe gebeur dit dat ‘n dier uitsterf? Kan bedreigde diere van uitwissing gered word?
Vind die antwoorde in hierdie boek. Dit skilder ‘n realistiese prentjie van hoe dit met diere regoor die wêreld gaan. Leer meer oor ons omgewing en die ekologiese balans van die natuur wat versteur word wanneer mense diere jag, woude uitkap en die omgewing besoedel. Wetenskaplikes voorspel dat meer as 25% van al die dier- en voëlspesies op aarde teen 2050 sal verdwyn as ons nie die situasie verander nie!
Wil jy weet wat om te doen om te keer dat diere en voëls uitsterf? Lees dan hierdie boek. Dit vertel jou hoe bedreigde spesies op die oomblik bewaar word en wat ons kan doen om ons planeet te help beskerm.


Reviews