Nuwe seisoen
R15.00
1 in stock
Nuwe seisoen deur Annetjie van Tonder
Ronel het nie verwag dat ‘n vroulike adjunkhoof so ‘n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie. Boonop kies die nuwe skoolhoof, Frans Hugo, sommer die eerste dag al kant teen haar ná kwaadwillige praatjies. En sy het gehoop sy is ontslae van die spanning ná haar egskeiding.
Sy en Frans Hugo het egter baie gemeen – albei is nuut in die skool, al twee is enkelouers en hulle dogters is ewe oud en sommer dadelik boesemvriendinne. Wat beteken dat hulle mekaar ná skooltyd moet sien. Maar van selfs net ‘n platoniese vriendskap is daar nie eens sprake nie, die skinderstories loop reeds.


Reviews