Nuwe decoupage deur Deborah Morbin, Tracy Boomer
Nuwe decoupage is met dieselfde aansteeklike entoesiasme en humor geskryf wat van Deborah Morbin en Tracy Boomer se eerste boek ‘n topverkoper gemaak het en sal jou kort voor lank aan die sny en plak hê. Tradisionele découpage het ‘n nuwe fase binnegegaan en hierdie boek is die vrug van maande se toegewyde eksperimentering met nuwe tegnieke, materiaal en produkte. Dit bevat die jongste ontwikkelings op hierdie gebied en verskeie interessante en vernuwende variasies op meer tradisionele tegnieke.
Dis ryklik geïllustreer met meer as 100 kleurfoto’s, almal spesiaal vir die boek geneem, en bevat duidelike, stap-vir-stap- aanwysings, sowel as tallose oorspronklike idees elk met ‘n pragfoto en insiggewende byskrif wat daarvan ‘n selfstandige mini-projek maak. Uiteenlopende items soos keramiek- en porseleinbakke en -koppies, ‘n portefeuljetas, ‘n duvetsloop en ‘n toiletsitplek is met verskeie nuwe en aangepaste découpage-tegnieke en -afwerkings versier.
Tegnieke en afwerkings wat geïllustreer word, sluit in servet-découpage op lap, hout, glas, porselein, emalje en kerse, driedimensionele découpage (repoussé sowel as papiervlakwerk), découpage op papier-maché en seep, illumineerwerk, en découpage uit die natuur met geparste blomme en blare, skulpe en vere. Daar is ‘n afdeling oor herwinning met découpage, en elke hoofstuk is propvol wenke oor hoe jy jou nuutgevonde vaar- dighede kan gebruik om ‘n onbeperkte verskeidenheid items te versier.
Nuwe decoupage bevat honderde ver- beeldingryke idees en voorstelle – alles wat jy moet weet om découpage aantreklik en stylvol te doen sodat jou items sal pas by die styleenvoud van die 21ste eeu. Dis ‘n onontbeerlike gids vir elkelhandwerker, hetsy ‘n ervare découpeur of ‘n beginner met découpage.


Reviews