‘n Liefdevolle Gawe deur Angela Thomas
God vra nie dat jy volmaak moet wees nie, hy vra net jou gehoorsaamheid.
Ons is menslik. Ons maak foute. Ons het gebreke. Ons skiet elke dag ver tekort. Maar God vra nie dat ons foutloos of volmaak moet wees nie. Hy vra nooit die onmoontlike van ons nie. Al wat Hy vra, is dat ons elke dag in afhanklikheid van Hom sal leef, ook – en veral- wanneer ons
- gebroke is;
- gewond is;
- sommer net onsself is:
- honger en dors na God;
- ‘n vriend van sondaars is;
- probeer om rein van hart te wees;
- probeer om ‘n vredemaker te wees, en
- vervolg word.
Angela Thomas gebruik die Bergpreek van Jesus as basis en moedig gelowiges aan om hul lewe as dankbare offers aan God te leef. Hy is langs jou met elke tree wat jy gee. Hy wil jou help om te word soos wat Hy wil hê jy moet wees. Hy is die Ewige Rots waarop jy met sekerheid kan bou.


Reviews