Manna vir die Christen se gemoed deur Jack Canfield, Mark Victor Hansen, Patty Aubery en Nancy Mitchell
Christelike waardes en beginsels vorm die grondslag van die blitsverkoperreeks Chicken Soup for the Soul, wat deurweef is met die goue draad van liefde, vergewensgesindheid, geloof, hoop en barmhartigheid.
Maar nou is daar ook ‘n hele versameling spesiaal vir Christene, gekies uit die ongelooflike meer as 7 000 verhale wat die samestellers van regoor die wêreld ontvang het. Manna vir die Christen se Gemoed is ‘n boek vol eg menslike stories uit die hart wat jou geloof sal versterk en jou sal inspireer om daagliks jou Christelike waardes tuis, by die werk en in die gemeenskap uit te leef.
Die verhale wat hier vertel word, bewys dat daar daagliks wonderwerke gebeur as ‘n mens jou hart oopmaak vir Christus. Begin vandag nog lees – dit sal jou groter deernis gee vir jou medemens, en jou opnuut daarvan bewus maak dat jy nie alleen is nie.


Reviews