Maak jou eie patrone

Skrywer: Phyllis Hoffman

Formaat: Groot Hardeband

Toestand: Baie Goed

R50.00

1 in stock

1 in stock

Maak jou eie patrone deur Phyllis Hoffman

In die meeste boeke oor patroonmaak is die grondpatrone op gestruktureerde kledingstukke gebaseer. Phyllis Hoffman het egter uit jarelange ervaring met studente gevind dat dié benadering ‘n demper op die kreatiwiteit van onervare mense plaas. Sy het die saak vanuit ‘n ander hoek benader en patroonontwerp oor die boeg van ongestruktureerde grondpatrone, wat geen pylnate bevat nie, gegooi. (Dié element kan egter, indien verkies, baie maklik bygevoeg word.) Die stelsel wat sy gebruik, is op die grootste maat van ‘n bepaalde liggaamsdeel gebaseer, en die patrone word hoofsaaklik met behulp van ‘n liniaal en ‘n tekenkromme geteken.

Sy verskaf meer as 200 patrone wat wissel van rompe, lyfies, rokke en broeke tot sweetpakke, T-hemde en bykomstighede. Baie van hulle, veral dié vir krae, moue en sakke, is wisselbaar, wat die omvang van die boek so wyd maak dat dit in feitlik elke behoefte van sowel die ervare as onervare patroonmaker sal voorsien.

Al die stappe word glashelder uiteengesit en toegelig met meer as duisend lyntekeninge en tweekleurige mode-illustrasies. Die patrone as sodanig is nie net vir lospassende kledingstukke nie, maar ook vir breistowwe en vir masjienbreisters wat die knip-en-stikmetode verkies, geskik. Trouens, handbreisters wat graag self patrone ontwerp, sal ook baat by dié stelsel vind.

Maak jou eie patrone is ideaal geskik vir naaldwerksters wat graag klere vir die hele gesin maak maar stuit teen die hoë prys van winkelpatrone – wat boonop nie altyd in die verlangde groottes bekombaar is nie.

Reviews

Be the first to review “Maak jou eie patrone”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop