Maak jou eie lappoppe deur Annelize Snyman
‘n Handgemaakte pop is meer as net ‘n speelding, want die eie soortige voorkoms en karakter maak van elkeen so half. .. mens!
Met Maak jou eie lappoppe sal jou kleingoed ook so ‘n spesiale speelmaat kan hê. Die boek bevat waregrootte-patrone, stapsgewyse aanwysings en illustrasies vir die aanmekaar stik, opstop en afwerking van veertien poppe. Saam met elk van die poppe word patrone vir ‘n volledige stel klere verskaf. Boonop is al die poppe wasbaar en van doodgewone materiaal gemaak.
Dié speelmaats sal nie aan jou sak vat nie – net aan jou hart.


Reviews