Liewe Lisa deur Kristel Loots
Lisa is ‘n liewe mens, ‘n ware engel. Lisa hang haar engelvlerke op toe sy vir Darius Skietekat, oom Johan se seun, ontmoet. Oor een ding stem hulle saam – hul ouers hoort nie bymekaar nie. In Lisa se ma se huis is daar baie vertrekke, maar nie genoeg om die Bothas en die Skietekatters uit mekaar se hare te hou nie.
As Lisa net die spoke van die verlede kan agterlaat en antwoorde kan kry oor wat werklik daardie noodlottige aand op die see gebeur het. Darius wil haar help, maar is dit ‘n goeie idee? Om uit te vind jy het jou lewe lank met ‘n leuen geleef en dan te vergewe, is soms te veel gevra. Net liefde kan jou dan red.


Reviews