Liefde in ink
R20.00
1 in stock
Liefde in ink deur Jacolet van den Berg
Hy het die mooiste hande en die blouste oë. Hy kan erken hy het foute gemaak. En hy trek Sanet soos ‘n magneet. Sy is hartverskeurend verlief op hom, dit erken sy ruiterlik teenoor haarself daardie lang naweek in die houthuis met die sneeubedekte hange om hulle.
Maar die man is ‘n halwe dominee en hy het ‘n rebelse tienerdogter, terwyl sy wat Sanet is ‘n blou streep in haar hare het en ‘n tatoeëer- kunstenaar is. Dit kan mos nou nooit.
Hy weet dit en sy weet dit. Trouens, hy sê dit self vir haar. Of is daar maniere om brûe te bou?


Reviews