Lewe op die kruis pad

Skrywer: Tiana Bosman, Andries Cilliers, Anriette de Ridder, Johan du Plessis, Hennie Fouche, Lisel Joubert, Eddie Orsmond

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R35.00

1 in stock

1 in stock

Lewe op die kruis pad deur Tiana Bosman, Andries Cilliers, Anriette de Ridder, Johan du Plessis, Hennie Fouche, Lisel Joubert, Eddie Orsmond

Markus skryf vir Christene wat hulleself destyds tussen twee vure bevind het. Dit was die tyd van die Joodse rebellie teen Rome. Aan die eenkant was die uitnodiging: “Kom, sluit aan by die opstand!” Aan die ander kant het die Romeinse owerhede die kerk toe nog as ‘n Joodse splintergroep beskou en saam met die Jode vervolg… Regtig ‘n geloofsgemeenskap tussen twee vure!

Markus sê Jesus van Nasaret is die verwagte Messias. Hy is die Een wat deur God gestuur is om mense te verlos. En Hy verlos sy mense deur te ly – die lydende Seun van die Mens (dit is die eretitel wat Markus aan Hom gee).

Die verhaal vertel ook hoe Jesus se volgelinge agter Hom aan probeer lewe – navolging is die essensie van gelowiges se lewe volgens Markus. Maar hierdie navolging blyk vol gebreke te wees. Die dissipels is toe uiteindelik nie sulke geloofsreuse nie. Hulle sukkel om te verstaan, hulle sê en doen die verkeerde goed op die verkeerde tye, hulle motiewe is verdag, hulle is bang… uiteindelik is dit net Jesus wat die pad end-uit loop.

Reviews

Be the first to review “Lewe op die kruis pad”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop