Lekkerleef Buite

Skrywer: Clare Matthews

Formaat: Groot Hardeband

Toestand: Baie Goed

R40.00

1 in stock

1 in stock

Lekkerleef Buite deur Clare Matthews

Vra vir mense wat hulle graag uit hul tuin wil hê en die meeste sal sê dat dit ‘n verlengstuk van hul huis, goed ontwerp en goed toegerus, moet wees sodat aktiwiteite moeiteloos van binne na buite kan vloei. Vir die meeste van ons is die tuin ‘n ruimte wat met die lekkerder en meer ontspanne dinge in die lewe vereenselwig word.

Baie min van ons wil ons ure lank afsloof om die grond te bewerk en talle veeleisende plante te versorg. Ons streef eerder na ‘n tuin wat maklik in stand gehou kan word. Plante, en miskien ‘n lappie groente, moet min aandag verg. Kortom, ‘n tuin wat alles het wat ons nodig het om te ontspan, te speel, vriende te onthaal, in styl te braai of te eet en tyd saam met die gesin deur te bring.

Hierdie boek wil nie jou tuin van nuuts af ontwerp nie, maar wil jou help om stylvolle, ongewone en praktiese voorwerpe te maak wat jou buiteruimte sal verbeter. Daar word na al die aspekte van buitelewe gekyk en eenvoudige stap-vir-stap instruksies wys jou hoe om meubelstukke te maak en fokuspunte te skep. Ons wil die tyd wat in die tuin deurgebring word vir die hele gesin meer genotvol en lonend te maak. Elke hoofstuk is ook propvol vinnige en maklike idees en wenke om jou tuin se aantrekkings-krag te verhoog en jou buitelewe te verryk.

Reviews

Be the first to review “Lekkerleef Buite”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop