Leierskap vir elke dag

Skrywer: John C. Maxwell

Formaat: Medium Hardeband

Toestand: Baie Goed

R25.00

1 in stock

1 in stock

Leierskap vir elke dag deur John C. Maxwell

Enigeen kan ‘n pad volg, maar net ‘n leier kan die weg baan. Dit is nie altyd maklik nie. As jy ‘n leier is, maak baie mense op jou staat:

  • Familie en vriende het leiers nodig wat toonbeelde is van doelgerigte lewens.
  • Kinders het leiers nodig wat hulle help om hulle potensiaal te bereik.
  • Kerke het leiers nodig wat die koers bepaal en die heiliges toerus.
  • Ondernemings het leiers nodig wat groot plekke opbou om in te werk terwyl hulle ‘n wins maak.
  • Gemeenskappe het leiers nodig wat ‘n beter plek skep om in te leef.
  • Wanneer ander op jou staatmaak, op wie kan jy staatmaak? Die antwoord is God, die Groot Leier.

Leierskap is nie vir papbroeke nie, maar dis bemoedigend om te weet dat jy dit nie alleen hoef te doen nie. Hierdie dagstukkies is bedoel om jou met God in aanraking te bring en jou van daaglikse leierskapgedagtes te voorsien. So kan jy groei en op leierskapkwessies gefokus bly terwyl jy die uitdagings van elke dag trotseer.

As jy elke dag ‘n paar minute afknyp om seker te maak dat jy die Groot Leier volg en sy leierskaplesse leer, sal jy sonder twyfel ‘n weg baan wat jou – en jou mense – sal neem na waar net God kan lei. Mag God jou op die reis seën. Mag jy in sy wysheid leef. Mag Hy jou weg bewaar.

Dit is die Here wat die wysheid gee, uit mond kom die kennis en die insig; Hy sien toe dat reg geskied, Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars. As jy aaneem wat ek jou sê, sal jy insig kry in wat regverdig en reg en billik is en sal jy op die goeie pad bly
SPREUKE 2:6, 8-9

Reviews

Be the first to review “Leierskap vir elke dag”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop