Kobus Maree se Nuwe Droomboek

Skrywer: Kobus Maree

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R45.00

1 in stock

1 in stock

Kobus Maree se Nuwe Droomboek

Prof. Kobus Maree se vorige boek oor die betekenis en uitlê van drome, Verklaar jou drome en leer jouself ken, is baie goed ontvang deur lesers sowel as resensente. So byvoorbeeld skryf die resensent van Rapport tydskrif onder andere: “Die misterieuse wêreld van drome word op ‘n interessante manier ontrafel deur Kobus Maree.”

“Hierdie boek is een wat ek uitermate baie geniet het… twee dinge maak die boek spesiaal: Dit is uiters leesbaar en niks word as onveranderbare feite in jou keel afgedruk nie. Tweedens is die godsdienstige aanslag in die boek baie gerusstellend.” – Radio Tuks.

“Enige dromer sal meer ingelig en meer droombewus wees ná die lees van dié boek, terwyl dit ook ‘n goeie beginpunt is vir die kwasi-sielkundige wat hom op dié terrein wil ingrawe.” – Beeld.

“Dié boek vertel jou alles van drome wat jy nog altyd oor jou drome wou weet, maar sonder die sielkundige kliektaal.” – Sarie.

“Hierdie droomgids probeer nie antwoorde op alle vrae omtrent drome te gee nie, maar kan ‘n mens help om sommige drome te verstaan.” – Landbouweekblad.

Met Kobus Maree se Nuwe Droomboek lig die skrywer die sluier nog verder oor hierdie interessante en gewilde onderwerp. Hiermee bied hy ‘n maklike en verstaanbare formule om drome vir dromers te ontsluit.

Reviews

Be the first to review “Kobus Maree se Nuwe Droomboek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop