Kambro-kind

Skrywer: F.A. Venter

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R60.00

1 in stock

1 in stock

Kambro-kind deur F.A. Venter

In Kambro-kind vertel F.A. Venter van sy jong jare in die Karoo. Dit word ‘n jeugreis, van die gelukkige kleinkinderjare op Botterkraal tot by die harde werklikheid van Breekkierie – twee pole waartussen ‘n avontuurlike jong lewe sy beslag kry.

In vele opsigte is dit ‘n ontdekkingsreis: Hy leer allereers sý wêreld intiem ken, die veld met al sy geheimenisse in die wisseling van seisoene; maar in die skool leer hy ook van die groot wêreld anderkant die rante. In die Kalahari ontwaak hy tot man-wees wanneer hy vir die eerste keer verlief raak, op ‘n meisiekind met ‘n vel blosend soos vroeë perskes en hare geel soos koringstrooi. Hy leer sy eie ding doen in ‘n harde wêreld wat geen genade vir swakkelinge het nie, en op die trekpad ontdek hy veel van menslikheid, en die gebrek daaraan soos wanneer die mowwe langs die pad bly lê en jy vra ‘n man met ‘n blink vol dam vergeefs om water.

F. A. Venter is ‘n gebore verteller, en in Kambro-kind is hy op sy beste. Kragtig, virtuoos en met ‘n sin vir detail en atmosfeer herskep hy die lewenswyse en landskap van sy jeug. Dis ‘n aangrypende manifestasie van die mens se aanpasbaarheid en uit houvermoë; ‘n boeiende relaas van ‘n seun se mens-word, man-word, en terselfdertyd van ‘n heel besonderse tydperk in ons geskiedenis.

Reviews

Be the first to review “Kambro-kind”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop