Kaalvoetnooi
R25.00
1 in stock
Kaalvoetnooi deur Corne van Rooyen
Tot haar verstomming is Elzani se nuwe buurman in die platteland, Xander, niemand anders as die man van die stad nie. Sy het nie net koffie op hom gemors nie, maar ook sy kar gestamp!
Elzani en haar vriendinne knap haar ouma se ou huis op om dit as gastehuis in te rig. Xander is altyd daar om hand by te sit en Elzani weet sy voel iets vir hom. Maar ná haar verbreekte verlowing is sy nie in die mark vir liefde nie.
Toe Paula, ‘n ou vriendin van Xander, op die toneel verskyn, ervaar Elzani egter erge jaloesie. Hoe nou gemaak?


Reviews