Kaalvoet ballerina
R25.00
1 in stock
Kaalvoet ballerina deur Jolene de Koningh
In haar haas om by haar dogter agter die verhoog te kom, val Biga reg voor ‘n man se voete. Dié skyn alles te weet van ‘n verstuite enkel. Hy weet ook heelwat van ‘n vrou en wat haar gelukkig maak…
Maar hy beweeg in ‘n wêreld sonder finansiële kommer, wat totaal van hare verskil. En sy is immers Biga, die bekwame verpleegster wat haar voorgeneem het sy sal self vir haar en haar kinders sorg.
Buitendien, is sy sorgsaamheid nie maar net ‘n baie ou slenter van soveel mans nie? En daar is immers nog die kwessie van die ander vrou, oor wie sy familie al lank hoop koester.


Reviews