Hulle Wat Agterbly 4: Die Laaste Oes

Skrywer: Jerry B. Jenkins en Tim LaHaye

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R45.00

1 in stock

1 in stock

Hulle Wat Agterbly 4: Die Laaste Oes deur Jerry B. Jenkins en Tim LaHaye

Die Laaste Oes is die vierde boek in die voortgesette drama van diegene wat agterbly na die wegraping. Die eerste drie boeke in hierdie reeks van sewe boeke was die grootste blitsverkopers onder Christelike fiksie sedert die middel van 1995. Al die boeke was sedert hulle onderskeie vrystelling boaan of net effens laer op die lys van blitsverkopers. Filmregte is alreeds verkoop vir die eerste twee boeke.

Die Laaste Oes voer ons saam in ‘n soeke na waarheid en lewe. Ons reis saam van Irak tot Amerika; van tien kilometer in die lug tot diep onder die aarde in ondergrondse skuilings; van woestynsand tot in ‘n watergraf op die bodem van die Tigris; van hoop tot vernietiging en weer terug.

Terwyl die wêreld voortspoed op pad na die trompet-oordele en ryke oes van siele soos die Skrif voorspel, begin Rayford en Buck van die twee uithoeke van die wêreld na hulle dierbares soek.

Namate meer oordeelsprofesieë in vervulling tree, bly al minder skeptici oor. Selfs die vyande van God weet nou teen wie hulle die stryd moet aanknoop, en die wêreld word verplig om kant te kies.

Reviews

Be the first to review “Hulle Wat Agterbly 4: Die Laaste Oes”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop