Haar nuwe buurman
R20.00
3 in stock
Haar nuwe buurman deur Jolene de Koningh
Eers lê hy by die dogter aan, toe kuier hy by die ma. En Hannah moet keer vir die skindertonge op die dorp. Ook haar gevoelens in toom hou.
Want skielik, ná veertien jaar dat sy alleen boer en hard aan haar selfstandigheid gewerk het, voel sy haar lewe is leeg. Besef sy sy het ‘n man nodig. Nee, sy het Martin Erlank nodig. Al jaag sy hom keer op keer by die grensdraad weg waar hy takies vir haar doen.
Toe hoor sy van die dam. En die testament. En sy weet hy was slim, baie slim. En sy was bitter dom om so in sy strik te trap.


Reviews