Geheim van die liefde

Skrywer: Elaine van der Merwe

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R25.00

1 in stock

1 in stock

Geheim van die liefde deur Elaine van der Merwe

Dit is ‘n laat somersoggend toe Sonja Duvenhage haar motor voor een van die statige ou wonings in Dalacin parkeer. Sy klim nie dadelik uit nie, maar kyk eers na die omgewing rondom haar. Sy het nie moeite gehad om die huis te kry nie. Alles lyk maar nog dieselfde hier, so asof die tyd alles onaangeraak gelaat het.

Dan klim sy uit en asem die skoon plattelandse lug met genoegdoening in. ‘n Ligte briesie speel deur haar hare. Sy maak die agterdeur van haar motor oop en haal die stoeltjie met die slapende bondel daarin uit. Sy loop tot by die klein hekkie, sluit die slot oop met die bos sleutels wat sy so pas by tant Kobie Venter gekry het. Sonja sal nooit die verbaasde uitdrukking op tant Kobie se gesig vergeet toe sy haar herken het nie. Nou gons die dorpie behoorlik, weet sy.

Sonja dink aan Derrik se biologiese pa, en sy voel opnuut wrewelrig. Al het hulle ‘n pragtige seuntjie saam, sal sy hom nooit kan vergewe vir dít wat hy gedoen het nie. Sy onderdruk vinnig haar gedagtes voor dit te ver afdwaal. Sy sal wel die regte tyd kies om hom te laat boet vir al haar seerkry, en om hom van Derrik se bestaan bewus te maak…

Reviews

Be the first to review “Geheim van die liefde”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop