Flenters

Skrywer: Lina du Plessis

Formaat: Medium Sagteband

Toestand: Baie Goed

R40.00

1 in stock

1 in stock

Flenters deur Lina du Plessis

Toe Lina du Plessis in 2007 ‘n pleegsorghuis vir weeskinders erf, het dit reeds ‘n jaar lank leeggestaan. ‘n Woesteny het op haar gewag kompleet met XXXL rotte wat tussen die 36 inwoners rondgeskarrel het. Boonop was Handy Andy en seep hier ‘n luukse – mieliepap was heel boaan die inkopielysie.

Maar Lina het nie teruggedeins nie en besluit om ‘n permanente verskil te maak – om werklik Jesus se hande en voete te word. Só word sy pens en pootjies ingetrek in die wêreld van weeskinders. Sy beleef die mengsel van uitdagings en pret wat met die daaglikse lewe in ‘n pleegsorghuis gepaardgaan: van Kerskonserte en begrafnisse vir katte tot tandartsafsprake en seevakansies vol vloermoere. Dan was daar nog die wilde rit in ‘n Casspir.

Flenters is ‘n versameling verhale oor gebrokenheid en die hartseer van die lewe, maar dit wys hoe daar tussendeur ook flentertjies humor en hoop te vinde is. Die verhale uit Lina se eie ervaring getuig hoe God op wonderbaarlike wyses in die lewe van sy kinders ingryp.

Reviews

Be the first to review “Flenters”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0
0
Your Cart
Empty CartYour cart is emptyReturn to Shop