Fantasieman deur Susan Olivier
Toe Ilse se niggie haar vra om onder valse voorwendsels by ‘n luukse kompleks se sekuriteitsafdeling te gaan werk, kom sy tot haar ontsteltenis agter dat Anton, haar droomman waaroor sy tot dusver net kon fantaseer, daar woon en jou waarlikwaar die eienaar van die plek is!
Anton tree van meet af soos ‘n verliefde man teenoor haar op, maar wat gaan sy reaksie wees as hy agterkom sy moes hom noodwendig mislei? En wat dink hy van haar ná die aand by Vivienne se partytjie?
Toe Ilse se missie afgehandel is en sy ‘n eie winkel begeer, kom Anton tot haar redding en word haar drome bewaarheid en haar fantasieman haar vlees-en-bloed trouman.


Reviews